- J H Oosthuizen
- Navorsingsinstituut vir Sitrus en Subtropiese Vrugte, Privaatsak X11208, Nelspruit 1200
- 1992
Waar die normale reenvalpatroon seisoenaal en wisselvallig is, is aanvullende besproeiing waarskynlik die belangrikste
bestuursvereiste vir subtropiese vrugtebome in Suid-Afrika. In die praktyk word korrekte besproeiing op plase egter dikwels verwaarloos. Dit kan toegeskryf word aan · drie hoofredes:
• Baie produsente is onbekend met die spesifieke fisiologiese waterbehoeftes van vrugtebome en onderskat die waarde van aanvullende besproeiing.
• Produsente beset wel die belangrikheid van besproeiing, maar gee nie genoeg aandag aan die korrekte stelsel en skedulering vir die gewas nie.
• Produsente mag ook ongeerg wees oor besproeiing en eerder verkies om op die wisselvallige reenval staat te maak.
Die beginsels van waterbenutting deur vrugtebome en die besproeiingbehoeftes van die gewas vorm die basis van aanvullende besproeiing.
Ten opsigte van die oes het elke boom ‘n gereelde, spesifieke hoeveelheid water nodig vir instandhouding, groei en die produksie van vrugte van ‘n goeie gehalte. Die boom sal verwelk en ophou groei onder vogspanningstoestande. By volgehoue, spanning sal die opbrengs en vruggehalte benadeel word en die boom mag selfs permanent beskadig word.
Enige tipe grond het ‘n beperkte en spesifieke waterhouvermoe. Meer water as hierdie hoeveelheid word vermors, aangesien dit afloop of deur die grond uitloog en waardevolle voedingstowwe saamneem. Slegs ‘n klein gedeelte van die waterhoukapasiteit is vir plantwortels beskikbaar en die gedeelte wissel na gelang van die grondtekstuur. Kleigrond het dus ‘n groter hoeveelheid totale beskikbare vog (TBV) as sanderige grond, maar in laasgenoemde geval is ‘n groter persentasie van die waterhoukapasiteit aan die plantwortels beskikbaar.
Ten einde die grondwater te vervang wat deur die vrugtebome onttrek word, is kennis nodig van die TBV van die grondtipe, die effektiewe wortelsone van die gewas en die toegelate persentasie onttrekking uit die TBV voor aanvulling. Kennis van die waterbenuttingseienskappe van die gewas en die heersende weerstoestande is dan nodig om te bepaal hoe dikwels die bepaalde hoeveelheid water toegedien moet word. Nadat hierdie basiese besproeiingsvereistes
bereken is, moet die produsent ‘n besproeiingstelsel installeer wat die behoeftes van die gewas en die grond bevredig. Die stelsel moet ontwerp wees om aan die piek besproeiingsvereistes te voldoen wat in volwasse boorde of aanplantings onder maksimum verdampingstoestande sal voorkom.