View Categories

Pg. 21-24 Invloed van Bergtyd Voor en Na SO2-Behandeling op Skilkleur, Vrugbederg en Swael Residuvlakke van Lietsjies

Die invloed van bergtyd by kamertemperatuur voor en na SO2-behandeling op die vruggehalte van HLH Mauritius- en Red McLean (Madras)-lietsjies is geevalueer. Vrugte is gebreg by 21°C vir 0,5, 1, 2, 4, 18 en 30 uur voor SO2-behandeling en vir 1, 2, 4, 12, 24 en 48 uur na SO2-behandeling. Na ‘n koelbergingsperiode van 30 dae by 2°C, is geen betekenisvolle verskille ten opsigte van skilkleur en vrugbederf tussen die verskillende behandelings gevind nie. Vrugte behoort egter nie /anger as 24 uur voor of na SO2-behandeling geberg te word nie, aangesien die vrug vog en fermheid verloor.

Swael-residu’s was hoer as die vereiste 10 dpm in die vrugvleis by vrugte wat in polietileen plastieksakkies verpak is, maar heeltemal aanvaarbaar by vrugte wat oop verpak was. Alhoewel na-smake van swael waargeneem is by vrugte wat in polietileen plastieksakkies verpak is, was die eetgehalte oor die algemeen aanvaarbaar.

Powered by BetterDocs