Pg. 10 Blaarontledings by Lietsjies

Vir die korrekte bemesting van die lietsjieboom is dit noodsaaklik om sy voedingsvereistes en die beskikbaarheid van plantvoedingstowwe in die grond in aanmerking te neem. Slegs daardie voedingstowwe wat nodig is om ‘n hoe vrugteproduksie van goeie gehalte te verseker, word toegedien.
  Blaarontledings is die enigste tegniek waarmee die ideaal van optimale bemesting vir ‘n besondere aanplanting bereik kan word. Die gebruik van grondontledings help aansienlik om nog betroubaarder aanbevelings te maak.

Powered by BetterDocs