View Categories

Pg. 30-31 Kultivars en Seleksies by Lietsjies

Enige produsent van vars vrugte wil ‘n keuse van kultivars he vir die vroee, midseisoen en laat mark sodat die beste pryse vir sy produk verkry kan word. In die lietsjiebedryf in Suid-Afrika is hierdie keuse baie beperk.

Lietsjies word al meer as ‘n eeu in SuidAfrika verbou en alhoewel verskeie kultivars aanvanklik ingevoer en geevalueer is, is hoofsaaklik twee kultivars, HLH Mauritius en Red McLean, aangeplant. HLH Mauritius maak meer as 60 persent van alle aanplantings in Suid-Afrika uit. Die beperkte keuse vir vroee en laat kultivars kan as die stremmendste faktor in die lietsjiebedryf beskou word.

Die kort oesperiode van ses tot agt weke is die gesamentlike oesperiode vir alle verbouingsgebiede. In elke gebied afsonderlik is die oesperiode maar ongeveer vier weke. In China, lndie en Australia is die oesperiode (wanneer vars vrugte beskikbaar is) onderskeidelik ses tot nege, ses tot agt en ses tot tien weke. Die lengte van die oesperiode blyk dus nie net ‘n probleem in Suid-Afrika te wees nie.

In China, waar die lietsjie inheems is, is die meeste kultivars geselekteer uit die groot bron saailingbome wat daar voorkom. Die kultivars het vandaar versprei na al die ander lietsjieproduserende lande van die wereld. Tuinboukundiges in lndie het ook ‘n paar kultivars geselekteer wat goed aangepas is in verbouingsgebiede in die noordelike dele van lndie. In Hawari is saailingbome geselekteer wat goed aangepas is in sekere gebiede in die land. Alhoewel daar heelwat lietsjiekultivars bestaan, tot soveel as 100, word slegs ‘n paar kommersieel verbou.

As gevolg van die groot verskeidenheid het daar baie verwarring ontstaan toe die kultivars na ander lande uitgevoer is. Navorsers in Australia het die afgelope tyd gepoog om die onsekerheid oor kultivarname en die oorsprong van kultivars op te klaar. Kultivars word vanaf Australia na Suid-Afrika ingevoer omdat dit die betroubaarste bron skyn te wees.

Uit die oorsese literatuur blyk dit dat sekere kultivars geselekteer word vir sekere klimaatsgebiede. In Suid-Afrika is gebiedsproewe met verskillende kultivars nog nie gedoen nie en moet die toets van sowel bestaande kultivars as pas ingevoerde kultivars in verskillende gebiede dus voorkeur geniet. Dit is egter baie belangrik dat die invoer van plantmateriaal van oorsese lande op ‘n gekontroleerde basis gedoen word en in kwarantyn plaasvind om die risiko verbonde aan die invoer van skadelike plae en siektes te voorkom.

Omdat produsente nie die oesperiode deur ‘n keuse van kultivars kan verleng nie, moet na alternatiewe metodes gekyk word. Een van die bekendste metodes is die gebruik van papiersakke om vrugtrosse toe te maak. Hierdie is ‘n metode eie aan Suid Afrika, waardeur die produsent die oesperiode met tot twee weke kan verleng. Ander metodes wat tans ondersoek word, is snoei en die gebruik van plantgroeireguleerders.

Summary:

  • The South African litchi industry has mainly two cultivars: HLH Mauritius and McLeans Red, despite numerous cultivars being tested over more than a century.
  • HLH Mauritius accounts for over 60% of plantings, producing medium-large fruit with good quality and mid-season ripening.
  • McLeans Red is a popular late-season cultivar with red fruit but poor flesh-to-seed ratio due to large seeds and softer flesh.
  • The short six to eight-week harvest period is a major limiting factor for the industry.
  • Globally, there are about 100 litchi cultivars, though only a few are commercially grown.
  • Cultivars are broadly categorized into three groups:
    • Mauritius group: Most common locally and internationally, with good yield and fruit quality (e.g., HLH Mauritius, Muzaffarpur, Late Large Red).
    • Chinese group: Produce high-quality fruit with a high percentage of seed abnormalities (“chicken tongue seeds”) but have poor yields (e.g., Haak Yip, Shang Shou Huai, Three Months Red).
    • Madras group: Bears colorful red fruit but with poor internal quality; fruit is soft and watery with large seeds (e.g., McLeans Red, Brewster).
  • New cultivars have been imported under strict quarantine to expand genetic diversity and extend harvest seasons; examples include Souey Tung, Haak Yip, Kwai May Pink, Salathiel, and Wai Chee.
  • Regional testing of cultivars is necessary for adaptation, but this has been limited in South Africa.
  • Selection programs at NISSV and among growers focus on ripening time and fruit quality relative to HLH Mauritius.
  • Breeding programs aim to develop cultivars tailored to the needs of producers, addressing challenges like long juvenile phase, pollination biology, and genetic inheritance.
  • The long-term solution to limited harvest period is breeding and introducing cultivars with varied ripening times suited to South African conditions.

Powered by BetterDocs