View Categories

Pg. 19 Is toemaak van lietsjietrosse die moeite werd?*

‘n Vraag wat menige lietsjieprodusent homself elke seisoen na die normale Novemberval stel, is of dit die moeite werd is om die vrugte toe te maak. lndien ‘n produsent van voornemens is om die vrugte uit te veer, is dit deur en deur die moeite werd om die trosse toe te maak. Die belangrikste voordele hiervan is beperkte skade deur die vrugtevlieg en die lietsjiemot, sonbrand en vrugbars. Joubert en Welgemoed (1985) het bewys dat die toemaak van lietsjietrosse groot voordele inhou en veral sonbrandskade beperk omdat temperature laer en lugvog hoer in die papiersak is.

  Papiersakke is tot op hede die geskikste en goedkoopste toemaakmateriaal. Die vrugte kleur binne-in die papiersak na ‘n besonder aantreklike rooi kleur. Die verbruiker, vir wie uitwendige voorkoms en kleur belangrik is, word hierdeur beindruk. Vrugte kan ook langer aan die borne gelaat word en dit kan die drukte tydens die plukperiode verlig.

Powered by BetterDocs